Die preke van die Gereformeerde predikant, Dr Cornelis van der Waal (1919-1980), gee dikwels verrassende insigte en toepassings, ook vir vandag. Hy het ‘n besondere eksegetiese gawe ontvang en die teks Christosentries, tipologies en verbondsmatig benader, gerugsteun deur baie studie, vergelyk sy seun, Dr GerhardMark van der Waal, se boek van 2019:  Het verbond vandaag.

Vanaf 1943 tot 1954 het hy op baie plekke in Nederland gepreek, veral in Sexbierum en Wijnalbum as hulpprediker en sedert 1945 as predikant in Pingjum, Sneek en Leerdam.  Op 4 Julie 1954 lewer hy sy intree-preek in Pretoria en sy laaste preek op 6 Januarie 1980.  Aanvanklik het hy in Nederlands gepreek, maar later in Afrikaans.  Hy het sy preke en hersiene preke uitgeskryf en minstens 636 van hulle is deur helpers getik en versprei, of net getik en nog nie versprei nie.

Die doel met die webwerf is tans om die 636 getikte preke beskikbaar te stel in die openbare domein.  Die logo met die lewensboom by die rivier  met lewenswater (Openb 22:1-2) was sy ‘ex libris’ vir die boeke in sy biblioteek. Die woord ‘preke’ is bygevoeg vir hierdie webwerf.

Die literatuur-verwysing na ‘n preek is byvoorbeeld: 
van der Waal C. 1943-1980. Preke van Dr C van der Waal…. [weblad se URL], preeknr. 6923 (met meer inligting oor die preek indien so verkies).

Die preke is beskikbaar vir belangstellendes en ook vir hulle wat gewillig is om te help met:  

  • die redigering en digitaal oortik van die geskandeerde preke en/of
  • die byvoeg van voetnote en/of illustrasies by een of meer van die preke.

Daar is nog meer as duisend ander geskrewe preke wat wag om geredigeer en digitaal getik te word.  As die Here dit vergun en gewilliges daarmee help, sal die webwerf kan uitbrei met nog veel meer preke.  Skryf asb aan prekevdw@gmail.com [skep later] vir navrae en moontlike samewerking.

 

DIE INDEKS

Die indeks van die 636 preke is ‘n lang tabel met  sewe kolomme:

(1) nr. Die preeknommer het vier syfers.  Die eerste twee syfers gee die jaar waarin die preek gelewer is, soos 43 = 1943, 75 = 1975, en die volgende twee syfers die volgorde van die preke in die bronne of soos hulle by die webwerf gevoeg is.  Presiese datums was nie altyd beskikbaar nie.  

(2) vorm.   0 = nog nie beskikbaar, 1 = geskandeer en 2 = digitaal soekbaar.

(3) tekste. Dit is al die preektekste en al die leestekste wat by die preek gelees is.

(4) P/L.  P staan vir Preekteks en L vir Leesteks.

(5) taal.  Die taal van die preek: Afr = Afrikaans en Ndl = Nederlands.

(6) bron  waaruit die preek gehaal is, is a tot e:

a = Pretoriase preke.  Pretoria: Servire; red. C van der Waal, 1966-1979, 431 preke; hoofsaaklik getik deur Betty Schuring op wasvelle en afgerol. 

b = Werk ontvang van Johan Admiraal.  Die Sola Scriptura Instituut het hom in 1978 skriftelik versoek om te werk aan “die ordening en eventuele samevatting” van die preke.  Hy het onder meer gesorg vir die tik van 172 preke en preeksketse op A4 bladsye. 

c = Pretoriase preke.  Pretoria/Geleen: Spes Bona; red. Gre van der Waal-Braaksma. Sy het elf bundels in 1982-1995 gepubliseer met 73 preke, ingesluit 29 preke van band-opnames en ‘n paar sinvolle illustrasies.

d = Voorafbeelding en Vervulling:  Preken over het bijbelboek Exodus. Pretoria: Spes Bona; red. Henk Schuring, 2001, 10 preke in digitale vorm met voetnote en kleurvolle illustrasies. Hy het nog xx ander preke so versorg. 

e = xx Afrikaanse preke uit bron a geredigeer en digitaal getik deur Gerard en Ria Schuring. 

Die geskrewe preke is beskikbaar in die Historisch Documentatie-centrum voor het Nederlands Protestantisme (1800-heden) by die Vrije Universiteit van Amsterdam.  Dr van der Waal se argief is Collectie nummer 622, Januarie 2016. Die inventaris-nommers van die skryfboeke en lêers met preke is 103 tot 351 en 371 tot 532.  Hierdie waardevolle bron is nog nie gebruik nie. 

(7) tema van die preek. Temas wat te lang is vir die spasie in die tabel is verkort. Vir preke sonder ‘n geformuleerde tema (veral by preke oor die belydenisse), is ‘n tema geskep en kursief gedruk. Enige ander inlgting in die tabel wat kursief is, is afgeleide inligting. 

 

HOE OM ‘N BEPAALDE PREEK TE VIND

Die preke op die webwerf kan gelees, afgelaai en gedruk word.  Die blokkie met “Aantal preke gekies” begin met die aantal preke wat beskikbaar is op die webwerf. Na elkeen van die volgende keuses toon dieselfde blokkie aan hoeveel preke gekies is.

 

Oorhoofse keuses

  • Klik op een van die drie taal-opsies (Afrikaans, Nederlands, almal) en/of
  • Klik op een van die drie teks-opsies (Preektekste, Leestekste, almal) en/of
  • Vul die beginjaar en eindjaar in (bv. 1942 tot 1945) en druk die invoersleutel (“enter”) en/of
  • Klik op een van die drie vorm-opsies (geskandeer, soekbaar, almal) en/of
  • Klik op een van die vyf bron-opsies (a tot e) en/of
  • Gaan na net een van die volgende vier soek-moontlikhede.
  1. Kies per teks

Kies geskrif: Ou Testament, Nuwe Testament of Belydenisse.

Kies boek en kies dan hoofstuknommer.

Die deel van die indeks wat gekies is verskyn op ‘n afrol-skerm.  Aan die hand van die inligting in die skerm, kies een van die preke en klik op die preeknommer om die preek op te roep. Indien meer as een preek gekies word, is dit die maklikste om die preke se nommers af te skryf en soek-moontlikheid 2 te gebruik. 

  1. Kies per preeknommer.

Tik die nommer van die  preek in die blokkie en druk die invoersleutel (“enter”).

 

  1. Kies per tema-soekwoord (alle preke)

Gebruik een of meer soekwoorde in die TEMA-soek-blokkie en druk die invoersleutel.  Die indeks met die soekwoord/e in die tema verskyn in die afrolskerm waaruit een preek gekies kan word. 

  1. Kies per preek-soekwoord (net vir die soekbare preke)

Gebruik een of meer soekwoorde in die PREEK-soek-blokkie en druk die invoersleutel. Die indeks met die soekwoord/e in die preek verskyn in die afrolskerm waaruit een preek gekies kan word. 

Voorbeel van Preek 4301.

 

MEDEWERKERS

Hierdie webwerf is gebou op die werk van al die medewerkers in bogenoemde bronne.  Gerard en Ria Schuring het die indeksering en skandering van die preke behartig en hulle seun Dirk in Australië die ontwikkeling van die webwerf. Dank is verskuldig aan GerhardMark van der Waal vir sy ondersteuning en vir die ‘ex libris’ illustrasie. ……